Laerskool Brits: Damara Parkie

Gemeenskap in Aksie!

Proudly Madibeng het saam met juffrou Leana Swart se graad 1-klas, asook die personeel, hande in die grond gesit by ons Boomplantdag in Damara Park. Baie dankie aan Mnr. Walter Kruger van Laerskool Brits!

Saam het ons 20 nuwe inheemse bome geplant – van witstinkhout tot huilboerboon en wilde olyf – om nuwe lewe te bring waar die ou bome al begin moeg raak het.

Die kinders het met trots gegrawe, geplant en gewys dat die toekoms van ons dorp in goeie hande is. Hierdie dag het gewys hoe skool, gemeenskap en organisasies saamwerk om ’n tasbare verskil te maak.

Working with Madibeng for Madibeng

Damara Park – nou groener en voller lewe!